Propvol aksie by Randfontein Oval Baan

Die kompetisie het nie by die vorige wedrenne afgeskeep nie en was 'n aand vol verrassings en pret.

Brullende enjins, gretige renjaers en lekker gees het onlangs weer by die Randfontein Oval-baan geheers. Oud en jonk het die geleentheid bygewoon.

Die motorsportklubkompetisie is elke naweek ‘n hoogtepunt vir die gemeenskap waartydens verskeie motors en motorfietse te sien is. Saterdag se kompetisie het nie by die vorige wedrenne afgesteek nie en was ‘n aand vol verrassings en pret.

“Dit is ‘n lekker familiesport,” het eienaar Deon Coetzee gesê.

Die twee renjaers gereed om teen mekaar mee te deel.

Die jongste renjaer by die byeenkoms was die agtjarige Shiloh Kotze wat ‘n groot liefde vir dié sport het. Shiloh het aan die Herald vertel dat haar pa ‘n renjaer is en dat sy gereeld saam met hom na die baan toe kom om deel te neem. Roelof Wolvaardt het ook vertel dat hy die sport beoefen om te ontspan en dat die hele gesin saam kom om hom te ondersteun.

Om die sport te beoefen moet jy geduld, dissipline en ook ‘n liefde vir die sport hê,” het Roelof gesê.

Die uitslae vir die wedrenne op 3 Junie was soos volg:

• Vierslagfietse: Stewardt Fell het die wentrofee huis toe geneem, Ferdi Klein was tweede Steven Swanepoel derde
• Tweeslagfietse: Steven Swanepoel was eerste, Justin Swanepoel tweede en Ferdi Klein derde
• Kinders: Shiloh Kotze eerste en Rene Joubert tweede
• 1660cc-klas: In die eerste plek was Jakkie van der Merwe, tweede Albert John en derde Kevin Barker
• Ninjas: Martin Nel eerste en Francois van der Merwe tweede
• Sidecars: Eerste Kallie Britz en tweede Konrad Britz
• Dames: In die eerste plek Jolandi Raubenheimer en tweede Chante Schlebusch
• Midgets: Tiaan Flynn was in die eerste plek, Anco Jordaan in die tweede en Jan de Bruyn in die derde plek
• HotRods: Johan Els eerste, Johan van der Merwe tweede en Jacque Venter derde
• Super Go-Karts: In die eerste plek was Hennie Strydom, tweede Robbie Robbertse en derde Kaylee Robbertse
• 2100cc: In die eerste plek Fanie Swanepoel, Roelof Wolvaardt tweede en Brandon Joubert derde
• Flexi’s: Ben Morgenrood was weer eerste en Deon Coetzee tweede

Die kompetisie was ‘n groot sukses en die klub sien uit na die nasionale kompetisie wat binnekort sal plaasvind. Meer inligting sal daaroor deurgegee word.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version