Jannas-speler eindig eerste tydens tennisuitdunne

Jean Kruger van Jan Viljoen eindig eerste in die enkelspel van die B-liga se tennisuitdunne.

Die Franse Ope Tenniskampioenskappe is tans op almal se lippe in Europa maar hier in Randfontein word daar oor Jannas se tennismanne gegons.

Volgens die skool het hul seunstennisspan onlangs puik gevaar tydens die uitdunne van die B-liga. Jean Kruger het die eerste plek in die enkelspel verower.

Jean Kruger het die eerste plek in die enkelspel verower. Foto ingestuur.

Hy het toe weer in die dubbelspel gewys wat hom in hom steek, dié keer saam met skoolvennoot Ian Geldenhuys. Die paar het tweede geëindig.

Wat die liga aanbetref het Hoërskool Jan Viljoen algeheel tweede geëindig.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version