Ram-rugby op ‘n goeie plek

Rugby by Laerskool Randfontein is beslis op 'n goeie plek.

Laerskool Randfontein (Ram) se eersterugbyspan is reg vir enige uitdaging wat oor hul pad mag kom.

Dit na ‘n paar goeie vertonings, nuwe truie en ‘n suksesvolle toer.

In hul splinternuwe rugbytruie wat deur Ocean Basket geborg is, het die span vir Noordskool 40–7 afgeslag. ‘n Hoogtepunt was beslis die span se suksesvolle Jubaweni-toer in die Aprilvakansie waartydens hulle die meeste van hul wedstryde gewen het.

Ram se eerstespan word afgerig deur Thinus Nortjé en Hannes Muller. Hulle skryf die span se uitstekende rekord toe aan die harde werk, dissipline, samehorigheid en ‘n goeie ouer-ondersteuningsnetwerk.

Lees die volledige berig in die 9 Junie-uitgawe van die Herald.

Ram se eersterugbyspan met hul pragtige nuwe rugbytruie geborg deur Randfontein Ocean Basket. Foto: Annie Nolan

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version