Twee Riebeeckranders in Wes-Randse netbalspan
Slegs 12 dogters is in dié span opgeneem waarvan twee trotse Riebeeckranders is.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2017/05/DSCN0278_45415.jpg)
Hoërskool Riebeeckrand spog met twee dogters, Twanette Thoms (Graad 12) en Mantiki Makayi (Graad 10), wat in die Wes-Randse o.19-netbalspan opgeneem is.
Op Woensdag, 3 Mei het dogters van wyd en syd aan die proewe deelgeneem en hul beste gegee om ‘n plek in die Wes-Randse netbalspan oop te speel.
Slegs 12 dogters is in dié span opgeneem waarvan twee trotse Riebeeckranders is.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2017/05/DSCN0279_37136-520x390.jpg)
“Die twee Riebeeckranders is baie opgewonde om hul eerste wedstryd in die Wes-Randse o.19-span te speel. Dié wedstryd gaan ook dien as proewe vir die Gauteng-netbalspan,” het Elzeri Wright, verteenwoordiger van Hoërskool Riebeeckrand gesê.
Twanette was in 2016 lid van die Gautengse o.21-netbalspan en Mantiki was in 2015 lid van die Gautengse o.14-netbalspan.
Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op die twee dogters en wens hulle alle sterkte toe met die Gauteng-proewe.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!