Adrenalien vloei weer by Oval-renbaan

Mans, vroue en selfs kinders het weer gewys wat in hul steek tydens die Randfontein Oval-baan se twee klubkompetisies in Mei.

Randfontein Oval-renbaan het twee klubkompetisies in Mei aangebied en die kwaliteit van die renjaers was so duidelik soos daglig.

Die mans, vroue en kinders met ‘n liefde vir motor- en kwadwedrenne wat deur hul are vloei, het hul heel beste gelewer.

Chante Wiese hou die vrouens se naam hoog. Foto: Ingestuur

Deon Coetzee, eienaar van die Oval-Renbaan en sy vrou, Mari bied dié wedrenne met trots aan, en geniet elkeen daarvan.

Die uitslae van die wedrenne op 20 Mei is soos volg:

• Super Go-karts – Eerste plek was Robbie Robbertse en tweede was Hennie Strydom

• Flexi’s A-Klas – Eerste plek het gegaan aan die bekende Ben Morgenrood, tweede plek aan Riekerd Louwrens en in die derde plek was Albert vd Westhuizen

• In die 1660cc-klas – Eerste Jakkie van der Merwe, tweede was LeeRoy Hoffman en derde was Hano Trichardt

• In die 2100cc-klas – Eerste plek was Gideon van Zyl, tweede plek het gegaan aan Roelof Wolfaardt en in derde plek was Fanie Swanepoel

• 4 x Strokes – Eerste was Cristopher Fell, tweede Stewardt Fell en derde Bryan Herbst

• HotRods – Eerste plek is verower deur Johan van der Merwe, tweede was Johan Els en derde was Gert Kruger

• Lexus-klas – Die wenner was Hennie van Zyl, tweede Chante Wiese, en derde Albert van der Westhuizen

• In die 2 x Strokes – Gideon Jacobs was eerste, Ryno Trichardt tweede en Waylin Kruger het derde geëindig

• Ladies Quads-klas – Die wenner Jolandi Raubenheimer en Elaine Fell het tweede geëindig

• Ninjas – Eerste was Flippie Pretorius en tweede Francois vd Merwe

Op Saterdag, 6 Mei, het die renjaers soos volg gevaar:

• Super Go-karts – Robbie eerste en Hennie Strydom tweede

• 1660cc – Deon Coetzee eerste, tweede LeeRoy Hoffman en derde Ludi Schnelle

• 2100cc – Eerste Roelof Wolvaardt, tweede Fanie Swanepoel en derde Ivan Orme

• Sidcars – Kallie Brits in die eerste plek en Konrad Brits in die tweede plek.

• Flexi’s – Ben Morgenrood was weer eerste, Deon Coetzee tweede en Hein Lehmkuhl derde

• Quads – Gideon Jacobs was nommer een, Steward Fell tweede en Jake Wilson derde

Deon Coetzee nooi alle lede van die gemeenskap om die volgende byeenkoms op 3 Junie saam te kom geniet.

Gideon van Zyl en Roelof Wolfaardt gaan kop aan kop. Foto : Ingestuur

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version