School sportSport

Riebeeck klop Jannas op hokkieveld

Die Riebeeck-spanne het altesaam 14 doele aangeteken.

Hoërskool Riebeeckrand en Hoërskool Jan Viljoen het op Donderdag,18 Mei, die vonke op die hokkieveld laat spat.

Riebeeckrand het soos altyd hul hokkiedogters se tegnieke deur die loop van die jaar deur verskeie toere, kampe en oefensessies opgeskerp. Hulle het dié dag die een doel na ander behaal en saam 14 doele aangeteken.

“Riebeeckrand is baie trots op al hul hokkiespanne. Hul harde werk is weereens beloon en hulle het, soos in die verlede, die oorhand op die hokkieveld gehad,” het Elzeri Wright, Hoërskool Riebeeckrand se verteenwoordiger gesê.

Riebeeckrand het vier uit die vyf wedstryde gewen.

Die uitslae van die dag was soos volg:

o.14: Riebeeckrand 0–1 Jan Viljoen

o.15: Riebeeckrand 2–0 Jan Viljoen

o.16: Riebeeckrand 3–0 Jan Viljoen

2de span: Riebeeckrand 6–0 Jan Viljoen

1ste span: Riebeeckrand 3–0 Jan Viljoen

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button