Skaakspelers maak Rammies trots!

Skaakspelers van Rammies presteer: "Hoe meer die leerders speel hoe beter word hul skaakvermoë."

 

Tien leerders van Laerskool Randfontein (Ram) is onlangs in die D2-skaakspan opgeneem.

Dit volg nadat elkeen van hulle ‘n medalje verower het tydens die D2-skaakproewe wat by HTS Nic Diederichs THS in Krugersdorp op Saterdag, 6 Mei gehou is.

Skaak by Ram staan onder die bekwame leiding van Magda Graaff en Riekie Gerber. Die leerders oefen twee keer per week en neem aan verskeie kompetisies deel.

“Hoe meer die leerders speel, hoe beter word hul skaakvermoë. Die vernuf van die jong leerders het duidelik na vore gekom tydens die proewe,” het Annie Nolan, skoolwoordvoerder gesê.

Vier Ram-spanne – senior seuns en dogters en junior seuns en dogters – het deelgeneem.

D2-skaakspelers:

• Magdaleen Ernst (o.9)

• Shalate Matjeke (o.9)

• Christiaan Nolan (o.9)

• Dylan Botha (o.9)

• Armand Maartins (o.9)

• Drickus Kruger (o.9)

• Carmi Kruger (o.11)

• Christel Graaff (o.11)

• Waldo Greylng (o.11)

• Anri Graaff (o.13)

“Dit is ‘n reuse prestasie vir die jong leerders en die begin van ‘n fantastiese skaakloopbaan. Ons almal by Rammies is trots op elkeen wat deelgeneem het,” het Annie ten slotte gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version