School sportSport

SA se naasbeste hoogspringatleet is ‘n Janna

'n Jannas-hoogspringatleet is op pad om 'n nasionale kampioen te word.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) gaan eendag bekend staan as die plek waar die Suid-Afrikaanse hoogspringatleet Luhallan van den Berg skoolgegaan het.

Luhallan is ‘n 19-jarige matriekleerder by Jannas en het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Hoogspringkampioenskappe deelgeneem. Hy het ‘n tweede plek in die kompetisie behaal. Vanjaar is die derde keer dat Luhallan aan dié kampioenskappe deelgeneem het. Hy het nog elke keer die silwermedalje verower.

Vanjaar het die gouemedaljewenner net vyf sentimeter verder as Luhallan gespring. Luhallan se afstand was 1,95m en dié van die wenner was 2m.

Luhallan van den Berg wil na sy skoolloopbaan met hoogspring aanhou.

Luhallan het vertel hoe frustrerend dit vir hom was omdat sy persoonlike beste afstand 2,05m is en hy weet hy kan die hoogte maklik bereik.

Hy het in Graad 4 begin hoogspring nadat sy onderwyser vir hom gesê het dat hy die potensiaal daarvoor het. Luhallan het meer as net potensiaal gehad en het van die begin af presteer. Luhallan glo sy geheim is die Here. “Die Here is op die veld saam met my. My geheim is dat ek ‘n baie goeie verhouding met die Here het,” het die jongman gesê.

Hy het gesê hy wil na sy skoolloopbaan in die sportwêreld bly. Hy wil met hoogspring aanhou en ook biokinetika gaan studeer.

Luhallan se statistieke:

• Lengte: 1,8m

• Gewig: 73kg (in seisoen)

• Persoonlike beste afstand: 2,05m

• Prestasies tydens die SA Hoogspringkampioenskappe: drie silwermedaljes

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button