Teine weer Poorte se baas

Al vyf spanne van Randfontein Rugbyklub was aan die wenkant teen hul aartsvyand Poorte in die eerste ligawedstryde van die 2017-seisoen.

Randfontein Rugbyklub het ‘n tweede agtereenvolgende jaar geskiedenis gemaak.

Die eerstespan, bekend as Mapogo Teine, het Roodepoort (Poorte) ‘n vierde agtereenvolgende keer op Vrydag, 31 Maart met 29–10 geklop –glo die eerste keer in die plaaslike klub se geskiedenis.

Rudi Marx, Mapogo Teine-senter, is een van die spelers wat ‘n drie gedruk het.

Dit was boonop Mapogo Teine se 14de agtereenvolgende sege in die 2016/ 2017-rugbyseisoen.

Johan ‘Boeta’ Swart (haker), Rudi Marx (senter), Koos van Zyl (flank) en Brandon Rieck (skrumskakel) het elkeen ‘n drie in die wedstryd gedruk.

Rudi Marx, Mapogo Teine-senter, is een van die spelers wat ‘n drie gedruk het.

Tiaan Nel, Mapogo Teine se losskakel en puntemasjien het drie doelskoppe en een strafskop oorgeklits. Mapogo Teine is dus weer die houers van die gesogte Castle-trofee.

Al die uitslae teen Poorte op 31 Maart:

• o.19: Teine 33–0 Poorte

• o.21: Teine 45–22 Poorte

• Derdespan: Teine 37–5 Poorte

• Tweedespan: Teine 24–12 Poorte

• Mapogo Teine 29–10 Poorte

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version