School sportSport

Eagles-stoeiers bring drie gouemedaljes huis toe

Eagles Stoeiklub het die afgelope naweek in Pretoria vyf medaljes – waarvan drie goud is – huis toe gebring.

Eagles Stoeiklub het die afgelope naweek in Pretoria tydens die Mpumalanga Ope die dorp se naam hoog gehou deur vyf medaljes – waarvan drie goud is – huis toe te bring.

Die uitslae is soos volg:

• Jannie Barnard het goud in die Grego- en Freestyle-kategorieë (ouderdomsgroep bo 17) verower.

• Henko Jacobs het ook in die Grego- en Freestyle-kategorieë (o.15) presteer en ‘n silwer- asook gouemedalje verower.

• Aldre Groenewald het in die Freestyle-kategorie (o.15) met ‘n silwermedalje weggestap.

• Carl Barnard (o.15) en PJ Fourie (o.9) het albei ‘n algehele vyfde plek in hul ouderdomsgroep behaal.

Eagles Stoeiklub en hul bestuur bedank graag hul afrigter, Gawie Erasmus, vir al sy harde werk met die stoeiers. Hy pluk sowaar die vrugte daarvan.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button