Teine kry nuwe bloed vir 2017

Randfontein Rugbyklub wil vanjaar beïndruk – Alles oor nuwe aanwinste vir 2017 en meer.

Die Randfontein Rugby Klub (RRK) het hulle rugbyseisoen op ‘n hoë noot begin.

Die span het in hul eerste vriendskaplike wedstryd op Saterdag, 18 Februarie teen Vereeniging gespeel. Die klub se eerstespan het hul wedstryd 22–19 gewen maar die klub se ander spanne was nie so gelukkig nie.

Die tweedespan het 17–7 verloor, die derdespan het 38–7 verloor en die o.21-span het 35–5 verloor.

Die was nie net slegte nuus vir RRK nie, aangesien hulle dieselfde naweek geskiedenis gemaak het. Die derde generasie Esterhuizen het op Saterdag sy merk by Teine gemaak.

André Esterhuizen het van 1953 tot 1956 vir die eerstespan gespeel, sy seun André was van 1980 tot 1990 lid van die span en sy kleinseun André (Spyker) het Saterdag in sy eerste eerstespanwedstryd gespeel.

Verder gaan dit goed by Teine. Hulle proewe het goed afgeloop, behalwe vir ‘n paar beserings. “Ons hoop die manne herstel gou. Ons by die klub dink aan julle en wens julle ‘n vinnige herstel toe,” het Dana van Vuuren, RRK-voorsitter gesê.

Tydens die proewe het die klub ook ‘n klomp nuwe spelers bygekry.

Juniors

• Henning Buitendag

• Eben Vorster (2015 Valke o.19 Curriebeker) JG Knoetze (2016 Goue Leeus o.18)

Ander junior spelers (o.19 en o.20) kan gerus by die span aansluit. Hulle kan 082 829 7835 of 083 607 1462 skakel

Senior

• Andre Esterhuizen

• Andrew Todd

• Jos Stander (voorheen by Roodepoort)

• Andries Botha

• JD Lourens

• Quiten Steyn (voorheen by Harlequins)

• Stef Calitz

• Jurie Oosthuizen

Senior spelers kan gerus vir Louw Parsons skakel by 074 175 7556, Drikus Jansen by 072 253 1688 of Dawie Ernst by 082 317 7036.

Komende RRK vriendskaplike wedstryde:

• Randfontein teen Springs (weg) op 25 Februarie

• Randfontein teen Diggers (tuis) op 18 Maart

Komende ligawedstryde:

• Randfontein teen Roodepoort (tuis) op 31 Maart

• Randfontein teen Wits (tuis) op 8 April

• Randfontein teen Pirates (weg) op 22 April

Wedstryde begin om 1nm vir die o.21- en derdespan, 2.40nm vir die o.19-span en 4pm vir die eerstespan.

Die klub het ook ‘n 100-sitpleklosie en 40 pawiljoensitplekke by Emirates Airline Park (Ellis Park). Kaartjies is beskikbaar by die Klub.

Wedstryde vanjaar by Emirates Airline Park:

• Leeus vs Waratahs (4 Maart)

• Leeus vs Reds (18 Maart)

• Leeus vs Sharks (1 April)

• Leeus vs Jaguars (21 April)

• Leeus vs Bulls (20 Mei)

• Leeus vs Soutern Kings (28 Mei)

• Springbokke vs Frankryk (24 Junie)

• Leeus vs Sunwolves (1 Julie)

RRK vra die gemeenskap en sakemanne van Randfontein om die klub en spelers te ondersteun. “Ons is selfonderhoudend maar in vandag se moeilike tye is ons aangewese op borgskappe,” het Dana gesê.

Hy bedank graag hul borge vir hul bydrae. Monument Toyota Randfontein borg die o.21-span, wat nou bekend staan as die Monument Toyota Randfontein O.21’s.

Hulle bedank ook vir Mapogo dat hulle die eerstespan borg, en ook vir die Ben Morgenrood Groep wat die telbord op die RRK B-veld geborg en opgerig het, en boonop die o.21-span se truie van 2016 geborg het.

“Daar is nog ruim geleentheid vir borgskap en/ of advertensieborde op ons velde. Kontak ons gerus indien u sou belangstel,” het Dana gesê.

Skakel vir Dana by 083 269 2316 vir navrae oor advertensies en vir Mara Conradie, klubbestuurder, vir ander navrae by 079 086 9878.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version