Local sportSchool sportSport

Nege goud uit 29 medaljes vir Riebeeck by Interhoër

Riebeeckrand het met 29 medaljes in totaal van die Interhoër in Potch teruggekeer – nege goud, nege silwer en 11 brons.

Hoërskool Riebeeckrand het altesaam 29 medaljes verower tydens die Interhoër-atletiekbyeenkoms wat op Dinsdag, 14 Februarie in Potchefstroom gehou is.

Jerome Willemse, ‘n Graad 10-leerder in aksie vir Riebeeck.

Nege van die medaljes is goud, nege silwer en 11 is brons. Die skool se atlete het 531 punte opgestapel en vyfde in Groep 5 geëindig.

Etienne van Heerden, ‘n Graad 8-leerder in aksie vir Riebeeck. Foto ingestuur.

Groep 5 se uitslae is as volg:

• Wesvalia – 827

• Akasia – 777

• Frikkie Meyer – 748

• Bergsig – 574

• Riebeeckrand – 531

• Windhoek – 524.5

• Wagpos – 501.5

• Springs Boys High – 295.5

• Springs Girls High – 215

Riebeeckrand is baie trots op die atlete wat voluit op die atletiekbaan presteer het. Die atlete kry voorwaar 10 uit 10.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button