Local sportSport

Aksiebelaaide byeenkoms vir Anton

Benewens Randfonteiners het mense van heinde en ver gekom om die spesiale byeenkoms by te woon.

Op Saterdagaand, 11 Februarie, het die Randfontein Oval Renbaan hulle herdenkingswedren vir die legendariese renjaer Anton Coetzee gehou.

Een van die motors wat deelgeneem het.

Daar was baie opgewondenheid in die lug, en baie aksie wat gesorg het dat die toeskouers en deelnemers hulle gate uit geniet het. Benewens Randfonteiners het mense van heinde en ver gekom om die spesiale byeenkoms by te woon.

Toeskouers was verras deur die wye verskeidenheid voertuie van alle kleure wat deelgeneem het in die onderskeie kategorieë wat gewissel het van Quads, 4 x Stroke Quads, 2 x StrokeQuads, 2100cc, Midgets, Super Go-Karts, Hot Rods,1660cc, Flexis, Lexus tot V8 Sprints.

Een van die V8 sprints wat deelgeneem het. Foto : Bianca Pindrall

Dié renbaan se ontstaan is alles te danke aan Anton, wat alombekend was vir sy V8 Sprint waarmee hy aan wedrenne deelgeneem het. Anton was ook die eerste jaer wat sy renmotor op die baan bestuur het. Die renbaan is landwyd bekend en het al menige streeks- en SA-kampioene opgelewer. Randfontein is baie bekend vir die groot name in motorsport, naamlik Ben Morgenrood, Roelf du Plessis, Mackie Adlam en Stephen Smith wat die dorp opgelewer het. Deon en Marié Coetzee is sedert 2007 die eienaars van die baan, wat byeenkomste onder die WOMZA- (World of Motorsports ZA-) vaandel aanbied.

Die doel van die geleentheid was ook om vir Anton te herdenk, en daardeur ook dankie te sê dat die baan sy idee was.

Die uitslae was soos volg:

Dames Quads:

• 1ste – Jolandi Raubenheimer

• 2de – Angelique Swanepoel

• 3de – Nicole Erasmus

4 x Stroke Quads:

• 1ste – Steven Swanepoel

• 2de – Dewald van Staden

• 3de – Peter Linde

2 x Stroke Quads:

•1ste – Ryno

•2de – Trichardt

•3de – Hano Trichardt

2100cc:

•1ste – Fanie Swanepoel

•2de – Jopie Trichardt

• 3de – Mario Rabe

Midgets:

• 1ste – Tiaan Flynn

• 2de – Nicolas Swartz

• 3de – Willem Burger

Super Go-Karts:

• 1ste – Robbie Robbertse

• 2de – Hennie Strydom

Hot Rods:

• 1ste – Keogan Maartens

• 2de – Louis Janse van Rensburg

• 3de – Martin Nel

1660cc:

•1ste – Hano Trichardt

• 2de – Hendri Coetzee

• 3de – Ryno Trichardt

Flexis:

• 1ste – Deon Coetzee

• 2de – Hein Lehmkuhl

• 3de – LeeRoy Hoffman

Lexus: •1ste – Gavin de Beer

V8 Sprints:

• 1ste – Kenny Gouws

• 2de – Daleen McCrudden

• 3de – Chantelle Potgieter

Deon het almal bedank wat die byeenkoms bygewoon het, en het gesê, ” Dit was ‘n reuse sukses. Anton is op ‘n baie spesiale manier herdenk.”

Die volgende groot wedren is die Skyline Challenge, en dit sal op 25 Februarie ook by die Oval Renbaan plaasvind. Dié wedren moet beslis nie misgeloop word nie!

Vir verdere inligting aangaande die groot wedren, skakel vir Deon by 081 513 9146 of Andre by 076 941 7763.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook: 

‘n Liefde vir motorsport bruis deur sy are

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button