Sport

Nuwe Teine-rugbyspanne binnekort bekend

Hulle glo dat hulle 'n suksesvolle span gaan wees

Die Randfontein Rugbyklub het onlangs proewe gehou en is besig om die beste spelers te kies om die dorp te verteenwoordig.

Die klub se senior proewe is die laaste week in Januarie gehou waaraan 68 spelers deelgeneem het. Vier dae later het hulle proewe gehou vir die junior spanne.

Quinten Pretorius is tydens die junior proewe beseer en Dana van Vuuren, voorsitter van die klub het gesê die klub wens Quinten ‘n spoedige herstel toe.

Die klub het ook nege nuwe spelers gekry, en Dana voel dit gaan die seisoen nog interessanter maak.

Die nuwe spelers is:

• Andre Esterhuizen (voorheen van Roodepoort Rugbyklub)

• Andrew Todd (voorheen van Roodepoort Rugbyklub)

• Jos Stander (voorheen van Roodepoort Rugbyklub)

• JD Lourens

• Andries Botha

• Anthony Cunning

• Johan Kriel

• Eddie Ehrke

• Stef Calitz

Die klub speel aanvanklik vriendskaplike wedstryde wat soos volg gaan plaasvind:

• Randfontein Rugbyklub teen Vereeniging Rugbyklub (tuis) — 18 Februarie

• Randfontein Rugbyklub teen Springs Rugbyklub (weg) — 25 Februarie

• Randfontein Rugbyklub teen Diggers Rugbyklub (tuis) — 18 Maart

Die klublede is ook in hul skik dat Monument Toyota Randfontein voortaan die klub se o.21-span gaan borg.

“Baie dankie aan Monument Toyota Randfontein vir jul ondersteuning. Ons glo dat ons ‘n suksesvolle span gaan word,” het Dana gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort Record, Krugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button