Local sportSport

Joost verloor stryd teen MNS

Een van Springbok-rugby se geliefde seuns, Joost van der Westhuizen is oorlede.

Een van Springbok-rugby se geliefde seuns, Joost van der Westhuizen is Maandag (6 Februarie) in sy huis oorlede, het sy J9 Foundation bevestig.

Joost sou op 20 Februarie 46 jaar oud geword het. Hy is in 2011 met motorneuronsiekte (MNS) gediagnoseer en is Saterdag in die hospitaal opgeneem nadat sy toestand vererger het.

https://www.youtube.com/watch?v=UNhIfyF-kOI

Joost het in 49 toetse gespeel en hou die rekord as die speler wat die tweede meeste drieë nog – 38 – in ‘n Bok-trui gedruk het. Joost was ook ‘n Blou Bul in murg en been en het talle Curriebekers omhoog gehou. Hy was ‘n lid van die Bok-span wat in 1995 die Wêreldbeker verower het.

Die J9 Foundation het die tragiese nuus op Facebook bevestig.
Die J9 Foundation het die tragiese nuus op Facebook bevestig.

Hy het sy debuut vir die Bokke op 6 November 1993 teen Argentinië gemaak. Sy laaste internasionale wedstryd was teen die All Blacks op 8 November 2003.

Vir meer besonderhede oor Joost se rugbyloopbaan, besoek www.genslin.us.

Die skrumskakel-legendes wat gereeld teen mekaar te staan gekom het is George Gregan (Australië), Joost van der Westhuizen en Justin Marshall (All Blacks). Foto: Facebook
Die skrumskakel-legendes wat gereeld teen mekaar te staan gekom het is George Gregan (Australië), Joost van der Westhuizen en Justin Marshall (All Blacks). Foto: Facebook

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button