School sportSport

Groot jaar vir Riebeeck-atlete voorspel

Leerders van Hoërskool Riebeeckrand het net hul beste gegee en die atletiekseisoen op 'n hoë noot afgeskop tydens hul interhuisbyeenkoms.

Die nuwe jaar is skaars aan die gang maar Hoërskool Riebeeckrand het reeds hul interhuisatletiekbyeenkoms op Dinsdag, 17 Januarie aangebied.

Leerders is in drie spanne naamlik die wit-, blou- en oranjespan ingedeel om op en van die veld af teen mekaar te kompeteer. Die geesbeker was ook op die spel. Atlete van o.14 tot o.19 was dié dag in 12 baan- en ses velditems in aksie. Almal het hul beste gegee.

Nicole van der Merwe in aksie in die hoogspringitem  Foto ingestuur.
Nicole van der Merwe in aksie in die hoogspringitem Foto ingestuur.

Twee leerders wat uitsonderlik goed in hul hoogspringitem presteer het, Brandon Badenhorst (o.15) en Nicole van der Merwe (o.14) is onderskeidelik as die Junior Victor Ludorum en die Junior Victrix Ludorum aangewys. Melouise Mulder is die Senior Victrix Ludorum en Franco Prinsloo is die Senior Victor Ludorum.

Dylan Calitz in aksie in die spiesgooi-item. Foto ingestuur.
Dylan Calitz in aksie in die spiesgooi-item. Foto ingestuur.

Janco Tiedt, Riebeeckrand se sportbestuurder is opgewonde oor vanjaar se atletiekseisoen. Hy voorspel ‘n groot jaar vir atlete.

Riebeeckrand-personeel wat by atletiekafrigting betrokke is, het einde 2016 ‘n Atletiek Suid-Afrika geakkrediteerde kursus bygewoon en sertifikate vir die verskillende items ontvang.

Erik Potgieter in aksie in die gewigstootitem. Foto ingestuur.
Erik Potgieter in aksie in die gewigstootitem. Foto ingestuur.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button