Kyle – R’fontein se mini Gary Player

Blink toekoms wag vir jong gholfspeler, Kyle Grove, 14.

Kyle Grove, 14, ‘n voormalige leerder van Laerskool Randfontein wat volgende jaar ‘n Hoërskool Riebeeckrand-leerder gaan word, is sterk op pad om R’fontein se eie Gary Player te word. As mens die aantal trofeë in aanmerking neem wat Kyle gedurende 2016 verower het, is hy definitief ‘n gholfspeler om dop te hou.

Kyle Grove, 14 jaar oud. Foto : Ingestuur

Die jong man is ook as SA Kids se mees Gevorderde Speler van die Jaar 2016 vir seuns o.14 aangewys.

Kyle is ‘n lid van South African Kids Golf en Glacier Golf SA waardeur hy aan verskeie kompetisies deelneem. Sy vriende en familie is besonder trots op al sy prestasies. Hulle het vertel dat Kyle baie tyd, geduld en oefening in sy gholf belê.

Kyle Grove, 14 jaar oud. Foto : Ingestuur

Kyle is tans ‘n lid by Randfontein Gholfklub.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version