Riebeeck het sy eie dogterskrieketspan

Vir die eerste keer het Hoërskool Riebeeckrand 'n dogterskrieketspan gehad.

Hoërskool Riebeeckrand het vanjaar vir die eerste keer ‘n dogterskrieketspan gehad.

Riebeeckrand se krieketdogters het aan die Gauteng-Wes Liga deelgeneem en met Hoërskool Bastion en Hoërskool Monument kragte gemeet. Volgens die skool is die dogters passievol en gedrewe, en geniet hulle gate uit op die krieketveld.

Die span se kaptein is Marina Wray. Foto ingestuur.

Dié spogkrieketspan bestaan uit Eztia Saunders, Marina Wray, Gertrue Jansen van Vuuren, Angelique Erasmus, Chantel van Deventer, Lee-Ona Pretorius, Elsje Vos, Elize Nkomo en Ambrosia Williams. Die span word deur Tamsyn Klein, ‘n buiteafrigter afgerig.

Riebeeckrand spog ook met agt van hul krieketdogters in die Gauteng-Wes-span. Hulle is baie opgewonde om hul skool in dié streekspan te verteenwoordig.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version