Riebeeck het sy eie dogterskrieketspan
Vir die eerste keer het Hoƫrskool Riebeeckrand 'n dogterskrieketspan gehad.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2016/12/DSCN9965_99515.jpg)
HoĆ«rskool Riebeeckrand het vanjaar vir die eerste keer ān dogterskrieketspan gehad.
Riebeeckrand se krieketdogters het aan die Gauteng-Wes Liga deelgeneem en met Hoƫrskool Bastion en Hoƫrskool Monument kragte gemeet. Volgens die skool is die dogters passievol en gedrewe, en geniet hulle gate uit op die krieketveld.
![Die span se kaptein is Marina Wray. Foto ingestuur.](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2016/12/DSCN9966_54231-520x390.jpg)
DiĆ© spogkrieketspan bestaan uit Eztia Saunders, Marina Wray, Gertrue Jansen van Vuuren, Angelique Erasmus, Chantel van Deventer, Lee-Ona Pretorius, Elsje Vos, Elize Nkomo en Ambrosia Williams. Die span word deur Tamsyn Klein, ān buiteafrigter afgerig.
Riebeeckrand spog ook met agt van hul krieketdogters in die Gauteng-Wes-span. Hulle is baie opgewonde om hul skool in diƩ streekspan te verteenwoordig.
Het jy dalk meer inligting rakende diĆ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.zaĀ (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistesĀ Roodepoort Record,Ā Krugersdorp NewsĀ enĀ Get It Joburg WestĀ Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!