School sportSport

Jannas-sewesspelers beïndruk in Mauritius

Twee rugbysplers van Jannas neem deel aan 'n internasionale Sewestoernooi in Mauritius en beïndruk.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se rugby is gesond.

Twee van die skool se rugbyspelers het onlangs aan ‘n internasionale Sewestoernooi in Mauritius deelgeneem. Die geleentheid is moontlik gemaak nadat die afrigters van ‘n sewesspan, die Rams, hulle raakgesien het.

Vincent de Bruyn en Jacques van Heerden na 'n wedstryd as Ram-lede tydens die sewestoernooi in Mauritius. Foto ingestuur.
Vincent de Bruyn en Jacques van Heerden na ‘n wedstryd as Ram-lede tydens die sewestoernooi in Mauritius. Foto ingestuur.

Die Rams is een van die spanne wat Suid-Afrika tydens die AfriAsia Internasionale 7’s Rugbytoernooi verteenwoordig het. Die twee spelers, Vincent de Bruyn en Jacques van Heerden was vir ‘n week lank op die eiland.

Volgens die skool was dit nie die eerste keer dat Vincent buiteland of Mauritius toe is nie. Verlede jaar het hy ook die eiland as lid van dieselfde Ram-span besoek. Hulle het toe teen spanne van Suid-Afrika, Réunion-eiland en Mauritius kragte gemeet en as wenners weggestap.

“Vincent en Jacques kan nie uitgepraat raak oor hul belewenis op die pragtige eiland nie. Ons is verskriklik trots op die leerlinge,” het Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

 

Related Articles

Back to top button