School sportSport

Riebeeck se o.15’s is naaswenners van T20-reeks

Riebeeck se o.15-krieketspan is as die naaswenners van die Gauteng-Wes T20-reeks aangewys nadat hulle teen Nories vasgeval het.

Dit was so hittete, maar die o.15-krieketspan van Hoërskool Riebeeckrand kan hul koppe hoog hou na afloop van die Gauteng-Wes T-20 reeks.

Die span is as die naaswenners van die reeks aangewys.

Die span was die wenners van hul groep en het na die kwarteindstryd deurgedring waar hulle Randfontein Sekondêr gemaklik met sewe paaltjies geklop het.

Die seuns het toe vir Hoërskool Carletonville in die halfeindstryd gepak en met vier paaltjies geseëvier. In ‘n klipharde eindstryd teen Hoërskool Noordheuwel was die Krugersdorpers net te goed.

Riebeeck se o.15’s is as naaswenners trots op dit wat hulle gedurende die krieketseisoen bereik het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button