Local sportSport

Sukses vir stoeiers in Pretoria

Aldre Groenewald en Henko Jacobs het die dorp, provinsie en stoeiklub se naam hoog gehou tydens die SA Kampioenskappe in die noorde.

Twee lede van die Eagle’s Stoeiklub in Randgate het die Sentraal-Gautengspan en dorp se naam hoog gehou tydens die SA Kampioenskappe in Pretoria vroeër vandeesmaand.

Henko Jacobs en Aldre Groenewald, die twee stoeiers van Eagle's Stoeiklub.
Henko Jacobs en Aldre Groenewald, die twee stoeiers van Eagle’s Stoeiklub.

Henko Jacobs en Aldre Groenewald – albei 14 jaar oud – is die twee stoeiers wat deelgeneem het.

Aldre stoei al twee jaar lank en het ‘n silvermedalje in die Freestyle-divisie verower. Henko stoei vir slegs een jaar en het ‘n vyfde plek in beide die Grego- asook Freestyle-divisies behaal.

Annelie Jacobs van die klub sê, “Ons as klub is baie trots op die prestasies van beide stoeiers.”

Hul afrigter is Gawie Erasmus en die klub is geleë op die hoek van Stegman en Marketstraat in Randgate. Die klub is gestig in September 2015. Hul visie is om stoei in die gemeenskap weer op te lig.

Aldre Groenewald in aksie. Foto ingestuur.
Aldre Groenewald in aksie. Foto ingestuur.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button