Riebeeckrand witwarm in boogskiet

Prestasies laat dit hop vir talle boogskutters van Riebeeckrand.

Riebeeckrand se boogskietleerlinge het nie tydens die Nasionale Kampioenskappe by die Equidome in Kayalami op 15 Oktober teleurgestel nie.

Dit toe ses Riebeeckranders die Gautengspan tydens dié kampioenskappe verteenwoordig en ‘n 16de plek behaal het. Die ses leerlinge is Juan Erasmus, Dylan Calitz, Megan Robins, Janéll Rossouw, Jacques de la Rouviere en Francois Martins.

Twee van die leerlinge, JP Erasmus en Charlize Roestorff, is verder in die Centre Shot-span opgeneem wat ‘n goue medalje ingepalm het.

Tydens ‘n onlangse prysuitdeling by die skool het Charlize die trofeë ontvang as bes gevorderde dogters-speler en ‘n ander boogskutter, André Esterhuizen bes gevorderde seuns-speler.

Megan het ‘n trofeë ontvang vir top dogters-boogkutter en Jacques top seuns-boogskutter. Jacques het ook met die trofeë vir algehele top boogskutter van 2016 weggestap.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version