School sportSport

Jannas-skopbokser maak naam vir homself

Jong skopbokser van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) presteer tydens SA's.

Nog ‘n leerling van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het vanjaar aan buitemuurse aktiwiteite uitgeblink.

Jannie Barnard is ‘n skopbokser by Mile High Skopboksklub. Shihan Henk Pelser, ‘n voormalige skopboks-wêreldkampioen het Jannie op die ouderdom van 11 onder sy vlerke geneem.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se Jannie Barnard maak naam vir homself in die sport.
Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se Jannie Barnard maak naam vir homself in die sport.

Vanjaar het Jannie aan die Suid-Afrikanse kampioenskappe deelgeneem en ‘n silwermedalje verower. Hy het ook sy staal gewys in verskeie toernooie gedurende die jaar. Sy eerste Suid-Afrikanse Kampioenskap was in 2012 en met ‘n silwermedalje weggestap.

Sy huidige afrigter, Andries Swannepoel, speel ‘n groot rol in sy loopbaan. Jannie oefen twee ure ‘n dag en is tans ‘n blou gordel.

Die skool is baie trots op Jannie wat so goed vaar in sy sport en die skool se naam hoog hou. Jannie sê dit gaan nie net oor die skop en slaan nie maar ook oor die respek en dissipline wat mens leer.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button