School sportSport

Jannas se Jeandre doen dit weer

'Jannas is baie trots op jou, Jeandre.'

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se Jeandre Bothma het weereens puik gevaar in ringbal.

Jeandre, ‘n Graad 11-leerling, was deel van die Suid-Afrikaanse o.17-seunsringbalspan wat onlangs in Mauritius aan die Internasionale Ringbalkampioenskappe deelgeneem het.

Sy span het ‘n gouemedalje tydens die kompetisie gewen. “Jannas is baie trots op jou, Jeandre,” het skoolwoordvoerder Tamaryn Smith gesê.

Vir Jeandre was Mauritius nie net werk nie, hulle het ook pret gehad en het die hele eiland platgestap.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button