School sportSport

Veelsydige sportster ook ‘n leier

Veelsydige Jannas-leerling hou skool se naam hoog op sportgebied.

Jerolien van Jaarsveld van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het in September aan die Gauteng Landloopkampioenskappe deelgeneem en onder die top 30 atlete geëindig.

Jerolien het die 24ste plek onder die 102 atlete behaal.

Volgens die skool is dit nie die eerste keer dat Jerolien die skool se naam hoog gehou het nie. Verlede jaar het sy vyfde geëindig in die Gauteng-Wes D2-landloopkampioenskappe en was lid van Jannas se eerstenetbalspan wat ‘n puik seisoen ervaar het.

Vanjaar is sy boonop een van die skool se 56 nuwe VRL-lede.

“Dankie dat jy weereens Jannas se naam hoog gehou het,” het Tamaryn Smith, Jannas-skoolwoordvoerder gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button