Ses uit ses vir Jannas 7’s in Brits

Jannas-7's wen al ses hul kragmetings tydens onlangse Bosveld 7's-rugbytoernooi in Brits.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se sewespan het skoonskip gemaak by die onlangse Bosveld 7’s Rugbytoernooi.

Die skool se o.18-rugbyspan het op 16 en 17 September aan die toernooi deelgeneem wat in Brits plaasgevind het. Hulle het al ses hul wedstryde oortuigend gewen.

Die hoogtepunt van die toernooi was beslis die wedstryd teen Menlopark van Pretoria wat Jannas na ‘n taai stryd met ‘n oorwinning van 24–12 afgesluit het. Die Randfontein-skool spog verder met ‘n wegholsege van 55–0 teen Hoërskool FH Odendaal, ook van Pretoria.

“Jannas is baie trots op die span en hul afrigter, Herman Badenhorst, en dat ons ook ons WOW-stempel op hierdie energieke en spesiale sport kon afdruk,” het Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder gesê.

Ander tellings:

• Jannas 26–7 Hoërskool Brits

• Jannas 26–17 Hoërskool Oosterlig

• Jannas 24–7 Hoërskool Carletonville

• Jannas 19–7 Stellaland-span

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version