Ses uit ses vir Jannas 7’s in Brits
Jannas-7's wen al ses hul kragmetings tydens onlangse Bosveld 7's-rugbytoernooi in Brits.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2016/09/20160918_204002_52208.jpg)
HoĆ«rskool Jan Viljoen (Jannas) se sewespan het skoonskip gemaak by die onlangse Bosveld 7’s Rugbytoernooi.
Die skool se o.18-rugbyspan het op 16 en 17 September aan die toernooi deelgeneem wat in Brits plaasgevind het. Hulle het al ses hul wedstryde oortuigend gewen.
Die hoogtepunt van die toernooi was beslis die wedstryd teen Menlopark van Pretoria wat Jannas na ‘n taai stryd met ‘n oorwinning van 24ā12 afgesluit het. Die Randfontein-skool spog verder met ‘n wegholsege van 55ā0 teen HoĆ«rskool FH Odendaal, ook van Pretoria.
“Jannas is baie trots op die span en hul afrigter, Herman Badenhorst, en dat ons ook ons WOW-stempel op hierdie energieke en spesiale sport kon afdruk,” het Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder gesĆŖ.
Ander tellings:
ā¢ Jannas 26ā7 HoĆ«rskool Brits
ā¢ Jannas 26ā17 HoĆ«rskool Oosterlig
ā¢ Jannas 24ā7 HoĆ«rskool Carletonville
ā¢ Jannas 19ā7 Stellaland-span
Het jy dalk meer inligting rakende diĆ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.zaĀ (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistesĀ Roodepoort Record,Ā Krugersdorp NewsĀ enĀ Get It Joburg WestĀ Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!