Riebeeck skitter in nuwe netbaltoernooi

Hoërskool Riebeeckrand se Fast Five-eerstenetbalspan kwalifiseer vir SA-kampioenskappe in Oktober.

Vanjaar is daar vir die eerste keer ‘n Fast Five-netbaltoernooi aangebied en Hoërskool Riebeeckrand was een van die deelnemende skole.

Riebeeckrand het drie spanne ingeskryf om aan dié toernooi deel te neem en hulle het goed presteer.

Riebeeckrand se Fast Five-eerstenetbalspan het na die Gauteng-kampioenskappe op 10 September deurgedring en daar algeheel derde geëindig. Hulle kwalifiseer dus om tydens die SA-kampioenskappe op 3 en 4 Oktober by Dr EG Jansen hul staal te wys.

Die uitslae van die Gauteng-kampioenskappe is soos volg:

? Riebeeckrand wen teen Vereeniging Gimnasium 19–16

? Riebeeckrand wen teen Transvalia 20–14

? Riebeeckrand verloor teen Garsfontein 20–21

? Riebeeckrand speel in die finaal teen Monument en wen 14–10

Riebeeckrand is baie trots op dié dogters en hul afrigter, Suzanne Tiedt.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version