Jannas o.15’s derde in Clover-reeks

Nege Jannas-rugbyspelers in totaal vir onderskeie Cloverreeks-spanne gekies.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se o.15-rugbyspan het hul skool se naam hoog gehou tydens vanjaar se Clover-reeks toe hulle derde geëindig het.

Na afloop van die reeks is ‘n o.15- en senior Clover-span uit verskeie skole se spelers gekies. Nege Jannas-spelers het span gekry.

Austin van der Merwe, Thabang Nondzaba, Jacques van Heerden en Dewald Brits is vier van die ses lede wat die o.18 Clover-span gehaal het. Foto ingestuur.

Jannas-spelers in die o.15 Clover-span:

• Rhyno Hutton

• Stefan Bezuidenhout

• Dillin Hanekom

Jannas-spelers in die o.18 Clover-span:

• Austin van der Merwe

• Jacques van Heerden

• Dewald Brits

• Thabang Nonzaba

• Stino Kock

• Brian Ngobeni

Die spelers het reeds die onderskeie spanne op 3 September verteenwoordig en hul opponent, die Natal Duikers oortuigend geklop.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version