Goeie seisoen vir Riebeeck-jukskeispanne

Dogterseerstespan staan uit bo die res tydens die jukskeiseisoen.

Hoërskool Riebeeckrand het hul jukskeiseisoen op ‘n hoë noot afgesluit.

Die skool het vyf jukskeispanne vir die skoleliga ingeskryf en almal het in top posisies geëindig. Uit die vyf spanne was daar egter een besonder groot uitblinker.

Riebeeckrand se dogterseerstespan het vanjaar rêrig die oë laat rek en is tydens die SA-skolekampioenskappe as die beste skoledogtersjukskeispan in Suid-Afrika aangewys. Hulle het gevolglik deurgedring na die Direkteurstoernooi op Saterdag, 10 September en het daar tweede geëindig.

Larisca Stoltz, kaptein van die dogterseerstespan en Marianca Masser is as die uitblinkers van die toernooi aangewys.

Die skool is baie trots op al hul jukskeispelers se uitstekende prestasies.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version