School sportSport

Twee brons vir Ram by SA’s in jukskei

Ram-jukskeispanne nou derde beste in die land.

Die seuns- en dogtersjukskeispanne van Laerskool Randfontein (Ram) kan breëbors rondloop nadat hulle ‘n bronsmedalje by die SA Skolekampioenskappe ingepalm het.

Die kampioenskappe het tydens die Julie-skoolvakansie in Durban plaasgevind.

“Ram se eerstejukskeispanne is dus die derde beste span in die land en dis ‘n groot prestasie.

Die puik leerlinge word nou almal met buitengewone erekleure beloon. Die toekoms van jukskei lyk rooskleurig met sulke talentvolle, jong atlete wat deurkom,” het Annie Nolan, Ram-woordvoerder gesê.

Volgens Annie het die skool ‘n trotse tradisie van uitstekende jukskeispelers. Ram se jukskei staan onder leiding van Annatjie du Plessis en sy ontwikkel elke speler se volle potensiaal.

Seunspan:

• Henryko Ayres

• Heinrich Steyn

• Jacques Ayres, Christiaan Swart

• Jaun Schwartz

Dogterspan:

• Carla Kitchin

• Caitlin Kitchin

• Angelique Ayres, Talita Steyn

• Megan Draper

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button