School sportSport

Rappies se Venette ‘n gimnas van formaat

Graad 6-leerling van Laerskool Rapportyer ontvang haar Senior Gauteng-kleure in gimnastiek.

Sy’t op negejarige ouderdom haar gimnastiekloopbaan afgeskop en kyk waar trek sy nou.

Venette Hudson, ‘n Graad 6-leerling van Laerskool Rapportyer (Rappies) het haar Senior Gauteng-kleure ontvang nadat sy onder die top ses tydens ‘n kompetisie geëindig het. Sy gaan op 9 en 10 September die kans kry om haar provinsie te verteenwoordig en te wys wat in haar steek. Daarna sal die SA-span gekies word wat Suid-Afrika in Oktober sal verteenwoordig.

Venette het by die Impala Gimnastiekklub in Krugersdorp met die sport begin. Sy is tans op Vlak 4 en het tot dusver haar Gauteng-kleure in elke vlak verower. Op Vlak 2 het sy die beker gewen vir die beste Vlak 2-dogter in die klub.

Sy het ook reeds talle medaljes ontvang. Tot dusver vanjaar het sy aan drie kompetisies deelgeneem. Tydens die eerste kompetisie in Junie het sy algeheel vyfde geëindig. Tydens die tweede kompetisie oor ‘n naweek in Julie het sy ‘n bronsmedalje ontvang en het by die derde kompetisie in Augustus ‘n sesde plek behaal.

Rappies is saam met Venette se ouers baie trots op haar prestasies.

“Ons weet sy gaan nog baie ver kom met haar gimnastiek,” het haar ma, Vanessa trots gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button