Local sportSport

Gaan Nicole vir ons ‘n medalje in 2020 bring?

Nicole boks al sedert 2012 en verbeter elke jaar.

Nicole Calitz, ‘n Graad 10-leerling van Hoërskool Riebeeckrand, kan met trots sê sy is ‘n bronsmedaljewenner in haar gewigsgroep na vanjaar se Suid-Afrikaanse bokskampioenskappe wat in Kaapstad plaasgevind het.

Nicole is deel van die Gauteng Akademiese boks-span wat deur die Departement van Sport vroeër vanjaar gekies is.

Nicole het vroeër haar opleiding by die Randfontein Boksklub ontvang en word deur Willie Gonsalves afgerig. Willie is ook die afrigter van die akademiese span en beoog om die boksers vir die 2020 Olimpiese Spele voor te berei.

Nicole boks al sedert 2012 en verbeter nog elke jaar. Haar passie vir die sport groei ook elke jaar. Rierand is trots op haar buitemuurse prestasie en wens haar alle sterkte toe vir die toekoms.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button