School sportSport

Rierand se Olimpiese boogskutter vir die toekoms

Skool: Dit is lekker om te sien hoe jong talent ontgin en ontwikkel word.

Megan Robins, ‘n Graad 10-leerling van Hoërskool Riebeeckrand het tydens die afgelope skoolvakansie ‘n silwermedalje in die Bulls Eye-afdeling van die Wêreld Boogskietkampioenskappe losgeslaan.

Die kampioenskappe is in KwaZulu-Natal gehou.

Megan is ‘n lid van die Inyathi Archery-boogskietklub waarvan verskeie ander Riebeeckrand-leerlinge ook lede is.

Haar tegniek is die afgelope drie jaar deur die skool se boogskietklub ontwikkel en toe deur talentsoekers vir die Centreshot-kampioenskapspan opgeraap. Die span het gesamentlik twee gouemedaljes onderskeidelik in die Bulls E-ye en die 3Di-afdeling verower.

Megan is vanjaar ook lid van die Gauteng-boogskietspan en gaan in Oktober aan die provinsiale boogskietkampioenskappe deelneem.

“Hoërskool Riebeeckrand se boogskutters vaar uitstekend en dit is lekker om te sien hoe jong talent ontgin en ontwikkel word,”

het Elzerie Botha, skoolwoordvoerder gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button