School sportSport

Rappies slaan silwer los in hokkietoernooi

'Die span sien uit na die opwindende hokkieseisoen wat voorlê'

Laerskool Rapportryer (Rappies) was een van die uitblinkers tydens Hoërskool Riebeeckrand se hokkietoernooi op Vrydag 29 en Saterdag 30 Julie.

Rappies het ‘n gesamentlike hokkiespan van o.12- en o.13-hokkiespelers ingeskryf. Die span het algeheel tweede geeïndig – elke speler in die span stap dus met ‘n silwermedalje weg.

Zurica van Heerden, spankaptein is as algehele beste hokkiespeler van die toernooi aangewys. Jessica de Ponte het die prys vir beste verdediger ontvang, terwyl Ashley Stewart as die belowendste speler tydens die toernooi aangewys is.

Na hul besonderse vertoning by die toernooi, is die span nog nie klaar met wen nie.

“Ons is hard besig met voorbereiding vir die ligawedstryde,”

het Zurica gesê. “Die span sien uit na die opwindende hokkieseisoen wat voorlê.”

Laneldi Olivier, afrigter van die span, bedank Riebeeckrand vir die geleentheid om aan die toernooi deel te neem.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button