Teine looi Alberton in House of Pain

Teine se loskopstut, Ryno Bosman is aangewys as speler van die wedstryd.

Die Mapogo Teine het Alberton Rugbyklub op Teine se tuisveld, House of Pain geklop.

Die twee spanne het voorverlede Vrydag, 8 Julie kragte gemeet. Die Alberton-manne het 50km van hul dorp af Randfontein toe gery vir ‘n behoorlike pak slae deur Teine. Die Randfonteiners het die Albertonners 64-15 gelooi in die wedstryd wat deel is van die Pirates Groot Uitdaagreeks.

Volgens Ian Pottas, Teine se onderkaptein het sy span die eerste paar minute gesukkel om aan die gang te kom maar die Randfontein-toeskouers het hulle aangemoedig.

Barries Meintjies, Teine se skrumskakel het daarna twee keer die wit lyn oorgesteek. Theo Calitzen en Errard Ernsting het ook hul deel gedoen deur elkeen twee drieë te druk. ‘n Wen is natuurlik ook nie ‘n wen sonder Tiaan Nel, Teine se puntemasjien nie. Hy het sewe doelskoppe oorgeskop.

Die speler van die wedstryd was Ryno Bosman, Teine se loskopstut.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version