Agt medaljes vir R’fontein-judokas

Golden Score-judoka veg tot die bitter einde.

Lede van Golden Score Judoklub het van Maandag 27 Junie tot Sondag 3 Julie aan die Suid-Afrikaanse Judo Ope Toernooi by Carnival City deelgeneem.

Min of meer 1 400 judokas neem elke jaar aan hierdie toernooi deel.

Dertien Golden Score-judokas is vir die span van die Wes-Randse Judovereniging gekies. Dié span het agt individuele medaljes huis toe gebring – vyf gouemedaljes, een silwermedalje en twee bronsmedaljes.

“My judokas het tot die bitter einde deurgedruk,” het sensei Michelle van Wezel van Golden Score Judoklub gesê.

Jaco Botes, ‘n jong judoka wat vir die sesde keer aan die kampioenskappe deelgeneem het, het ‘n goue- en silwermedalje in sy gewigsgroep (49kg) verower.

Volgens Michelle het spanne van regoor Suider-Afrika deelgeneem, onder andere van Mosambiek en Botswana.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version