Blitsvinnig op 70

Plaaslike meesters atleet bery voor vir wêreldatletiekkampioenskappe.

MC Visser, 70, ‘n plaaslike meestersatleet het die kwalifiserende tye vir vanjaar se Wêreldmeestersatletiekkampioenskappe gehaal.

Volgens MC vind die byeenkoms van 25 Oktober tot 5 November in Perth, Australië plaas. Daar word verwag dat meer as 8 000 atlete gaan inskryf.

MC gaan in die 400m en 800m in die ouderdomsgroep 70 tot 74 jaar deelneem.

Die kwalifiserende tye vir die afstande is onderskeidelik 3 min 50 sek vir die 800m, en 1 min 45,30 sek vir die 400m. Sy gaan in die Western Australian Athletics Stadium (WAAS) in Mount Claremont deelneem.

Sy het verduidelik dat dié kampioenskappe inskrywings van atlete van 35 tot 100 jaar oud aanvaar.

Sy was in 2013 by dieselfde kampioenskappe in Brasilië en het ‘n bronsmedalje in die 800m verower.

Verlede jaar het MC ook die meesterskampioenskappe in Frankryk bygewoon, maar het gesê dat die kompetisie baie straf was omdat sy die oudste in haar ouderdomsgroep was.

Sy het ‘n algehele 10de plek in die 800m behaal, maar kon weens ‘n besering nie aan die 400m deelneem nie.

“Vanjaar is ek die jongste in my ouderdomsgroep, daarom dink ek die uitslae sal beter wees,” glo sy.

Sy volg tans die oefenprogram van Charl Naude wat jare gelede ‘n afrigter by Jannas-sportklub was.

MC het reeds vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Meesterskampioenskappe in Pretoria deelgeneem waar sy die eerste plek in die 800m met ‘n tyd van 3 min 34,72 sek verower het. Sy het ‘n tweede plek in die 400m behaal met ‘n tyd van 90 min 60 sek.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version