Groot fietswedren vir Randfonteiners

Afwagting vir die Augustus-fietswedren begin.

Die AGS Groen Weivelde-gemeente in Greenhills sal op Saterdag 27 Augustus hul eerste groot fietswedren aanbied.

Die geleentheid is heel toepaslik die “Grace Race” gedoop en beoog om die woorde in Filipense drie vers 14 te verkondig. Met die vers in gedagte, het die uitvoerende raad die gemeenteprojek aangepak met die doel om gewilliges se reis na ‘n hoër Christelike roeping te ondersteun.

Daar sal drie hoofresies wees; ‘n 21 km fietswedren, ‘n 5km pret draf en ‘n ‘kidsblock’. Inskrywings vir die fietswedren sal net oop wees vir deelnemers bo die ouderdom van 12 en die eerste groep spring al 8.30vm weg. Die pretdraf begin om 8.50vm en inskrywings is slegs vir deelnemers bo sewe jaar oud beskikbaar. Daar is ook ‘n alternatiewe wedren wat kinders tussen die ouderdom van vier en ses jaar oud ook ‘n kans gee om deel te neem.

“Kom skop die somer af met ’n opwarm-sessie om weer daardie spiere gereed te kry en kom toon terselfde tyd jou belang in ons gemeenskap en jou liefde vir Christus,” het Adél Botha, gemeente-sekretaresse gesê.

Inskrywingsvorms en verdere besonderhede sal later bekend gemaak word. Hou die Herald se webwerf dop vir die vrystelling van die informasie.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version