Bennie jou krieketdoring

Hoërskool Riebeeckrand spog weer met hul Wes-Rand-krieketafrigter.

Nog ‘n Randfonteiner is as een van die twee hoofafrigters van die o.15 Wes-Rand-krieketspan aangewys en hy kom van Hoërskool Riebeeckrand.

Bennie Beyleveld is ‘n onderwyser by die skool en daar word gesê dat hy nie net ‘n uitstekende afrigter is nie, maar self ook ‘n uitmuntende krieketspeler is.

Bennie was boonop ‘n leerling van Riebeeckrand wat in 2011 self die o.15 Wes-Rand-krieketspan gehaal en as kaptein diens gedoen het. Verder was hy in 2014 deel van die o.19 Wes-Rand-krieketspan.

“Ons is opgewonde oor dit wat Bennie tot ons krieketseuns se ontwikkeling gaan bydra. Riebeeckrand se krieket gaan vanjaar na nuwe hoogtes geneem word. Die vooruitsigte lyk belowend met ‘n uitstekende groep afrigters.” het skoolwoordvoerder Elzeri Wright gesê.

Riebeeck pak vir Hoërskool Bastion, Randfontein High School en Hoërskool Noordheuwel in die komende krieketliga.

Want to receive news alerts via WhatsApp? Send us an SMS/ WhatsApp message with your name and cellphone number to 079 413 8726.

Familiarise yourself with our WhatsApp service disclaimer.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us atrandfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websitesRoodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

 

Exit mobile version