School sportSport

Jannas vaar puik in netbal

Jannas het gekwalifiseer om aan die Gauteng Netbal Kampioenskappe deel te neem.

Hoërskool Jan Viljoen se eerstenetbalspan, die Speedy Turtles is deur na die Gauteng Netbal Kampioenskappe. 

Die Speedy Turtles het hul liga gemaklik gewen. Die volgende stap was om vir die Johannesburg en Mogale (Jomo-) liga te kwalifiseer. Daarvoor moes hulle teen Distrik 2-, 12- en naaswenners uitgespeel het.

In die D2-uitspeelwedstryde het hulle onoorwonne weggestap. Tydens die D12-uitspeelwedstryde het hulle teen West Ridge High gespeel en die wedstryd in hul guns beklink. So het die span die Jomo-liga se uitspeelwedstryde gehaal.

Daar het die Speedy Turtles ses wedstryde gespeel – teen Helpmekaar Kollege, Hoërskool Randburg, Crawford Lonehill, Riebeeckrand, Crawford Sandton en Trinity Rand Park. Hulle het vier wedstryde gewen en twee verloor, en is deur na die Gauteng Netbalkampioenskappe wat op 16 en 17 Junie by EG Jansen in Boksburg plaasvind.

Jannas is een van twee skole wat by Jomo gekwalifiseer het om aan die Gauteng Kampioenskappe deel te neem.

Volgens spanbestuurder Magdie Vermeulen is Jan Viljoen se span onbetwis deur op hul doelgemiddelde.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button