Teine wys spiere in Emmarentia

Vier uit vyf vir Randfontein Rugbyklub teen Johannesburg Polisie.

Randfontein Rugbyklub het sy krag in die Pirates Groot Uitdaagreeks gewys toe vier van sy vyf spanne aan die wenkant was teen Johannesburg Polisie die afgelope naweek.

Al vyf die kragmetings het by die Marks Park Sportklub in Emmarentia, Johannesburg plaasgevind.

Die derdespan, o.20s en o21s was Vrydagaand, 10 Junie in aksie terwyl die tweede- en eerstespan eers die Saterdag, 11 Junie teen polisie kopgestamp het. Die tweedespan-kragmeting het as voorwedstryd vir die Goue Leeus en Griekwas in die Curriebeker-kwalifiseringsreeks gedien. Die eerstespan het daarna gespeel.

Volgens Louw Parsons, die Teine-eerstespanafrigter het sy span stadig begin en eers weer in die tweede helfte oorheers en beheer geneem.

Teine het 50-17 gewen maar teen halftyd was sake 10-elk gelykop.

“Polisie het vir ons gekom maar ons het dit verwag.

Ons het voor sag gemaak en dus kon ons agterlyn in die tweede helfte floreer,” sê Louw.

Die klub pak vir Alberton op eie bodem eerskomende Vrydag-aand, 17 Junie.

Eerstespan puntemakers teen JHB Polisie is:

• Driedrukkers: Dawie Otto (2), Errard Ernsting (2), Sylvester Engelbrecht (1), Rudi Marx (1), JD McGarthy (1) en Dean Kryno.

• Doelskoppe: Tiaan Nel (3) en Rudi (1).

• Speler van die wedstryd: Rudi Marx

Volledige uitslae teen JHB Polisie:

• Teine 1stes 50-17 Polisie

• Teine 2des 44-22 Polisie

• Teine 3des 24-34 Polisie

• Teine o.20s 10-7 Polisie

• Teine o.21s 66-0 Polisie

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Exit mobile version