School sportSport

Riebeeck-netbalspeler haal weer Gauteng-span

Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op Danielle en haar afrigter, Suzanne.

Danielle Malan, ‘n Graad 10-leerling van Hoërskool Riebeeckrand, is vir die tweede agtereenvolgende jaar tot die Gauteng-netbalspan verkies.

Danielle was verlede jaar in die o.15 Gauteng-netbalspan waar sy baie ervaring opgedoen het. Sy is vanjaar lid van die provinsie se o.16-netbalspan. Volgens die skool verbeter Danielle se spel elke jaar al hoe meer.

Danielle is ook ‘n lid van Riebeeck se eerstenetbalspan wat deur Suzanne Tiedt afgerig word. Suzanne was verlede jaar ook die hoofafrigter van die o.18 Gauteng-netbalspan.

Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op Danielle en haar afrigter, Suzanne.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

 
Back to top button