School sportSport

Ram 38-0 Rappies

Skool: Baie geluk aan al ons rugbyspelers.

Die eersterugbyspan van Laerskool Randfontein (Ram) het dit onlangs vermag om Laerskool Rapportryer (Rappies) vir die sesde agtereenvolgende jaar te klop.

Nege van Ram se spanne was op die dag in aksie waar ses aan die wenkant was naamlik die o.10B; o.12A; o.12B; derde-, tweede- en eerstespan.

Ram se eerstespan word deur Steve Greyvenstein, Thinus Nortje en Patrick Masser afgerig waar Francois Coetzee, hul sporthoof, glo die motivering doen en ‘n toespraak lewer voor kragmetings.

Op die dag was sy woorde weer ter harte geneem en Rammies het hul harte uitgespeel,” sê Annie Nolan, skoolwoordvoerder.

In die tyd wat hulle onder die bekwaamde leiding van die voorgenoemde afrigters was het hulle geleer hoe om as ‘n span saam te werk.

Ram se eerstespan kaptein is Kurt de Swart, ook ‘n o.13 Goue Leeu-speler en hy het gedurende hierdie kragmeting sy 50ste drie gedruk.

“Daar was ‘n reuse tonnel vir die seuns gevorm om deur te hardloop met hul verskyning op die veld. Huidige-, voormalige- en toekomstige leerlinge het erewag gestaan en die spelers soos ware kampioene laat voel,” sê Annie.

“Baie geluk aan al ons rugbyspelers. Ons is baie trots op julle,” het Annie gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button