Local sportSport

So lyk Teine o.21’s se nuwe truie

Afrigter vra dat die gemeenskap bankvas agter hulle staan vir hul kragmeting teen UJ op 4 Junie.

JP Huisamen, afrigter van Randfontein Rugbyklub se o21-span vra dat die gemeenskap in hul massas sal opdaag vir die groot kragmeting teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) eerskomende Saterdag 4 Junie.

Die span sal ook wil voortbou op hul spoggerig oorwinning van 26-7 oor Pirates. Die o.21’s het tot dusver vanjaar goed vertoon en drie uit hul ses wedstryde gewen.

Die span wil juis met hul nuwe voorkoms spog, danksy die Ben Morgenrood-groep. Die uitrustings is amptelik op Dinsdag 24 Mei aan hulle oorhandig. Randfontein Paneelkloppers het gesorg dat die manne nuwe opwarmingstruie kry.

“Die Ben Morgenrood-groep (Ford, Mazda, Kia en Mahindra) voel dit is die besighede en die gemeenskap se verantwoordelikheid om die dorp se sport te ondersteun.

Ons is baie trots om agter die span te staan en kan nie wag om te sien hoe hulle vanjaar in die liga gaan vaar nie,” het Jeanne van Wyngaarden Lindhout van die Ben Morgenrood-groep gesê.

Die motorhandelaar gaan binnekort ook ‘n telbord op die Randfontein Rugbyklub se B-veld aanbring. Die spelers sê graag baie dankie aan die Ben Morgenrood-groep vir die nuwe truie en Randfontein Paneelkloppers vir die nuwe opwarmingstruie.

Die klub bedank ook hul nuwe afrigter, JP, vir al die harde werk wat hy week na week vir sy span insit.

Enigiemand wat belang stel om deel te word van die dinamiese o.21-span kan gerus vir JP by 072 525 5566 kontak.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button