School sportSport

Ram se toekoms in jukskei lyk rooskleurig

Skool: Albei die seuns- en dogterspanne sal tydens die SA Top Skole-kampioenskappe in Durban in aksie wees.

Laerskool Randfontein (Ram) het ‘n trotse tradisie van yster-jukskeispelers.

Dit nadat albei die seuns- en dogters-jukskeispanne aan die Gauteng Jukskei-kampioenskappe deelgeneem het.

Die seuns-span bestaan uit Henrico Ayres, Heinrich Steyn, Jacques Ayres, Christiaan Swart en Juan Swarts. Hulle het ‘n algehele tweede plek behaal terwyl die dogters-span goud verower het. Hulle span bestaan uit Carla Kitchen, Caitlin Kitchen, Angelique Ayres, Talita Steyn, en Megan Draper.

Hulle gaan nou aan die Suid-Afrika Top Skole-kampioenskappe deelneem in Durban vanaf 9 tot 15 Julie.

Ram se jukskei is onder die bekwaamde leiding van Annatjie du Plessis. Onder haar leiding word elke potensiële Ram-jukskeispeler se vole talent ontwikkel.

“Laerskool Randfontein is uiters trots op ons jukskei-atlete.

Ons wens hul alle sterkte toe met die kampioenskappe wat tydens die Julie-skoolvakansie gaan plaasvind.

“Die toekoms van jukskei lyk rooskleurig met die talentvolle jong atlete wat deur kom.” het Annie Nolan, skoolwoordvoerder gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button