Speedy Turtles aan Rappies se netbal-sy

Jannas: Rappies-eerstenetbalspan een om dop te hou.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se eerstenetbalspan, bekend as die Speedy Turtles, het onlangs besoek afgelê by Laerskool Rapportryer (Rappies) as ondersteuning en motivering vir die komende liga.

Jannas het vir elke dogter ook ‘n geskenkpakkie oorhandig en hul uitgenooi om na hulle wedstryde te kom kyk.

Anja Esterhuizen, die Speedy Turtles se kaptein, het die jong spelers van hul wenresep vertel en hul sukses gedeel tydens die Superreeks-toernooi wat Jannas gewen het. Sy het die Rappies-eerstespan voorspoed en sterkte toegewens met hul liga-voorbereiding.

Hierdie week (16 – 20 Mei) speel Rappies se eerstenetbalspan teen onder andere Fountainbleau en die Speedy Turtles sal verteenwoordig wees om hulle te ondersteun.

Volgens Magdie de Winnaar, Speedy Turtles-spanbestuurder, is die Rappies-eerstenetbalspan een om op trots te wees en dop te hou.

Bianca Naude, ‘n lid van die Speedy Turtles in hul netbalkleure geborg deur Shutterlock.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Jannas se Speedy Turtles wen Superreeks

Rappies-eerstenetbalspan mik hoog, hoër, hoogste

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version