Jannas slag Riebeeck op rugbyveld

Al vyf Jannas-spanne was aan die wenkant teen Riebeeck.

Hoërskool Jan Viljoen kan breëbors rondloop nadat Hoërskool Riebeeckrand vir die sesde agtereenvolgende keer die knie voor hulle op die rugbyveld moes buig.

Vir al Riebeeck se spanne was dit ‘n lang dag en vir Jannas pure glorie toe die jaarlikse konfrontasie op Saterdag 7 Mei op Jannas se velde plaasgevind het.

Riebeeck se eersterugbyspan verdien egter ‘n klop op die skouer omdat hulle nooit handdoek ingegooi het nie ten spyte daarvan dat hulle met 23-17 vasgeval het.

Wat die eerstespanne betref het die Kamakazis (Jannas se eersterugbyspan) nie goed begin nie en Riebeeck het eerste punte op die telbord gehad.

Jannas het keer op keer mis gekorrel pale toe terwyl Riebeeck gemaklik daarin geslaag het. Dit het egter nie die Kamakazis te lank geneem om hul voete te vind nie en Victor Esterhuizen ‘n strafskop oorgeklits het.

Die eerste helfte was taai en die telling teen lemoentyd 12-11 in Riebeeck se guns. In die tweede helfte was Jannas ‘n perd van ‘n heel ander kleur. Hulle was Jannas soos brullende leeus en die telbord het gou op 18-12 gestaan. In daardie stadium was dit vir Riebeeck nie maklik om by te bly nie, maar hulle het geen tekens van moedverloor getoon nie.

Riebeeck-toeskouers het die manne van die pawiljoene af begin aanmoedig, wat gehelp het dat hul span op verrassende wyse ‘n pragdrie gedruk het. Hul puntemasjien het ongelukkig nie sy skopskoene aangehad nie en die doelskop verbrou.

Met ‘n verskil van slegs een punt en die telling 18-17 in Jannas se guns het die tuisspan diep gedelf en ‘n drie gaan druk. Dit was die spyker Riebeeck se doodskis was.

Die laaste vyf minute van die wedstryd het egter vir naelbyt-oomblikke gesorg. Riebeeck het slegs een verdoelde drie nodig gehad om Jannas te klop, maar Jannas se verdediging het gehou. Riebeeck was sentimeters van Jannas se doellyn af en elke Jannas-ondersteuner het asem opgehou. Die geluk was toe nie aan Riebeeck se kant nie en Jannas se uithouvermoë in daardie laaste paar minute was iets om te onthou.

Ander uitslae:

• Jannas o.14’s 20-0 Riebeeck o.14’s

• Jannas o.15’s 31-0 Riebeeck o.15’s

• Jannas o.16’s 12-0 Riebeeck o.16’s

• Jannas-tweedespan 14-12 Riebeeck-tweedespan

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Dawid teen Goliat

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version