Local sportSport

Nog aktief en gesond op 80

Ontmoet een van Randfontein se aktiefste bejaardes.

Wat noem jy iemand wat op die ouderdom van 80 die derde plek behaal het tydens die Gauteng Provinsiale Padresies in Daleside – ‘n Wonderman en sy naam is Johan van Staden.

Johan, wat in 1936 gebore is, en sedert die ouderdom van 18 in Randfontein woon word as een van die dorp se aktiefste bejaardes beskryf.

Behalwe vir sy Gauteng Provinsiale derde plek het hy ook vierde plek in sy ouderdomsgroep tydens die Carnival City Macsteel National Classic Cycle-resies behaal in Februarie.

Bygesê, die ouderdomsgroep is 70 tot 79 waar die oudste deelnemer in beide kompetisies, 75 was. Verder het Johan al 17 medajes verower en ook al drie keer aan die 947 Cycle Challenge deelgeneem.

Johan gaan in Mei aan die Bela Bela Road Cycling Challenge deelneem waar hy daarna ook Sun City toe sal gaan vir ‘n ander wedren. Johan, wat twee kinders en vier kleinkinders het, het in 2002 begin fietsry. Hy is deel van Randmark Fietsryklub maar ry meer gereeld saam met sy spin-klublede wat bekend staan as die Rooimiere.

Johan spin ook elke dag vir twee ure by Johan van Duyn in Wilbotsdal. Naweke ry Johan en ongeveer 20 Rooimiere 100km uit na Rodora se wêreld toe.

Johan verduidelik verder dat jy dwarsdeur die jaar moet aanhou oefen veral as jy deelneem aan ‘n padresies. Hy drink geen chroniese medikasie nie en het geen gesondheidsprobleme nie.

Johan sê hy het eers op die ouderdom van 72 afgetree en hy glo dat jy so aktief as moontlik moet bly. Hy wil nou vir so lank as moontlik aanhou fietsry en beplan om weer vanjaar aan die 947 Cycle Challenge deel te neem.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button